Yesha'yahu 15:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die profetiese visioen aangaande Mo’av: “Sekerlik is `Ar-Mo’av in ’n nag vernietig en verwoes! Sekerlik is Kir-Mo’av in ’n nag vernietig en verwoes!

2. Hulle het opgegaan na die tempel en na Dibon, na die hoë plekke om te huil; Mo’av huil oor N’vo en Meidva; almal se koppe is kaal, elke baard is afgesny.

3. Op hul strate het hulle rouklere aangegord; op hulle dakke en op hulle pleine, almal huil, deurdrenk in trane.

Yesha'yahu 15