Yesha'yahu 14:25-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. om Ashur te verbreek in My land en Ek sal hom op My berge vertrap. Dan sal sy juk van hulle af verwyder word en sy las van hulle skouer af.

26. Dit is die plan wat teen die hele aarde gemaak is en dit is die hand wat uitgestrek is oor al die nasies,

27. want יהוה-Tzva’ot het beplan, wie kan dit verydel? Sy hand is uitgestrek, wie kan dit terugdraai?”

28. In die jaar wat koning Agaz dood is, het hierdie profetiese visie gekom:

Yesha'yahu 14