11. Geen mens se voet sal daar deurgaan nie en geen dier se poot sal daar deurgaan nie en dit sal vir veertig jaar lank onbewoond wees.
12. So sal Ek die land van Mitzrayim ’n verlatenheid maak tussen verlate lande en haar stede, tussen stede wat verwoes is, sal verlate wees vir veertig jaar lank en Ek sal die Mitzrayiete verstrooi onder die nasies en hulle versprei tussen die lande,”
13. want so sê יהוה-God: “Aan die einde van veertig jaar sal Ek die Mitzrayiete versamel vanuit die volke waarheen hulle verstrooi is.
14. Ek sal die lot van die Mitzrayiete verander en hulle laat teruggaan na die land van Patros, na die land van hulle oorsprong en daar sal hulle ’n eenvoudige koninkryk wees.