Yegezk'el 28:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord van יהוה het weer tot my gekom en gesê:2 Thes 2:4

2. “Seun van ’n mens, sê aan die leier van Tzor: ‘So sê יהוה-God: “Omdat jou verstand, wil en emosie hoogmoedig was en jy gesê het: ‘Ek is ’n god, ek sit op die troon van gode in die kern van die seë’; tog is jy ’n mens en nie god nie, alhoewel jy jou verstand, wil en emosie maak soos die van ’n god.

3. Let op, jy is wyser as Dani’el, daar is geen geheim wat vir jou duister is nie!

4. Deur jou wysheid en begrip het jy vir jouself rykdom verkry en goud en silwer vir jou skatkamers.

5. Deur jou groot wysheid, deur jou handel, het jy jou rykdom vermeerder en jou verstand, wil en emosie het hoogmoedig geword deur jou rykdom.1 Tim 3:6

6. יהוה-God sê daarom: ‘Omdat jy jou verstand, wil en emosie gemaak het soos die van ’n god,

Yegezk'el 28