Yegezk'el 17:23-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Op die hoë berg van Yisra’el sal Ek dit plant sodat dit takke kan voortbring en vrugte dra en ’n deftige seder word. Voëls van elke soort sal onder dit nes maak; hulle sal nes maak in die skaduwee van sy takke.

24. Al die bome van die veld sal weet dat Ek יהוה is; Ek bring die hoë boom af, verhoog die nederige boom, verdroog die groen boom en laat die droë boom floreer. Ek is יהוה; Ek het gepraat en Ek sal dit uitvoer.”

Yegezk'el 17