11. want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreuk pleeg nie, het ook gesê: jy mag nie moord pleeg nie.
12. Julle moet aanhou om só te praat en só te doen soos mense wat deur die geskrewe wet van vryheid geoordeel sal word,
13. want die oordeel is sonder verskoning teenoor die wat nie liefdevolle omgee gee nie; met liefdevolle omgee het jy heerskappy oor die oordeel.
14. Wat is die voordeel, my broers, as iemand sê dat hy die ‘geloof ’ het, maar hy het nie die dade nie? Kan sy ‘geloof ’ hom red?
15. As ’n broer of ’n suster kaal is en nie kos vir die dag het nie
16. en enige van julle sou vir hulle sê: “Gaan heen in vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid, wees warm, wees versadig, maar julle gee hulle nie dit wat vir die liggaam nodig is nie; watter voordeel het dit?
17. Net so is ook die ‘geloof ’, as dit geen dade het nie, in sigself dood,Efe 2:8-10 Wys my jou ‘geloof ’ sonder dade en ek sal jou my vertroue deur my dade wys.
18. want iemand sê vir jou: jy en ek het ‘geloof’; ek het werke.Deut 6:4 Jy doen goed. Die demone glo dit ook en hulle bewe,
19. Jy vertrou dat God één is.
20. maar wil jy weet, o nietige mens, dat die ‘geloof’ sonder werke dood is?Gen 22:1-19
21. Is Avraham, ons vader, nie vanuit sy dade onskuldig verklaar toe hy Yitz’gak, sy seun, op die altaar gesit het nie?
22. Sien jy dat sy vertroue sy dade bevestig het en dat sy vertroue volmaak geword het deur dade?Gen 15:6; Rom 4:3 en hy is ’n vriend van God genoem.”Yes 41:8; 2 Kro 20:7