Spreuke 6:14-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. wat pervers is in sy verstand, wil en emosie, wat altyd boosheid beplan en tweedrag saai;

15. daarom sal sy katastrofe skielik kom, skielik sal hy gebroke wees sonder genesing.

16. Daar is ses dinge wat יהוה haat, ja, die sewende is vir Hom verwerplik:

17. trotse oë, ’n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,

18. ’n verstand, wil en emosie wat bose verbeeldings uitdink, voete wat haastig is om na die boosheid toe te hardloop,

Spreuke 6