Spreuke 27:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Beroem jou nie op môre nie,

2. Laat ’n vreemdeling jou prys en nie jou eie mond nie; ’n ander en nie jou eie lippe nie.

3. ’n Klip is swaar en sand het gewig, maar ’n dwaas se woede is swaarder as altwee.

4. Toorn is wreed en woede is wreed, maar wie kan voor jaloesie staan?

5. Openlike teregwysing is beter as bedrieglike vriendskap.

6. Die wonde van ’n vriend is beter as die soene van ’n vyand.

Spreuke 27