Spreuke 26:23-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Soos silwer skuim wat aan ’n kleipot vassit, so is woedende lippe en ’n bose verstand, wil en emosie.

24. Hy wat haat, is bekend deur sy eie lippe; in sy binneste koester hy bedrog.

25. Alhoewel hy met ’n sagte toon praat, vertrou hom nie, want daar is sewe verwerplikhede in sy verstand, wil en emosie.

26. Hy wat haat in sy binneste wegsteek se boosheid sal in die vergadering openbaar word.

Spreuke 26