Spreuke 16:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die redevoering van die verstand is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van יהוה.

2. Al die lewenswyses van ’n man is suiwer in sy eie oë, maar יהוה toets die gees.

3. Vertrou jou dade aan יהוה toe, dan sal Hy jou planne vestig.

4. יהוה het alles gemaak vir die doel van hulle wat na Hom luister, maar die bose word gehou vir die dag van katastrofe.

Spreuke 16