Spreuke 12:6-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Die raad van die bose is om te lê en wag op bloedvergieting, maar die mond van die opregtes sal hulle bevry.

7. Die bose sal omvergewerp word en nie gevind word nie, maar die huis van die regverdiges sal staan.

8. Volgens sy insig sal ’n man aangeprys word, maar hy wat insig kort, sal verag word.

9. ’n Arm man wat homself bedien, is beter as een wat trots is en tog gebrek het aan brood.

Spreuke 12