Romeine 8:37-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

37. In al hierdie dinge oorwin ons egter, deur Hom wat ons liefhet,

38. want ek is oortuig daarvan dat geen dood of lewe of engel of outoriteit of leërmag of dinge wat nou bestaan of dinge wat sal kom

39. of hoogte of diepte of enige ander skepsel in staat is om my af te sny van die liefde van God, wat daar in ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, is nie.

Romeine 8