15. Daardeur wys hulle dat die doen van die geskrewe wet op hulle verstand, wil en emosie geskrywe staan
16. op die dag wanneer God die geheime van die mense, volgens my goeie boodskap, deur Yeshua, Die Gesalfde Een, sal beoordeel.
17. As jy jouself vanaf Y’hudah noem en steun op die geskrewe wet en jou beroem op God:
18. dat jy Sy wil ken en die dinge wat reg is onderskei wat vir jou vanuit die wet geleer is
19. en jy oortuig is in jouself dat jy ’n gids is vir die blindes, ’n lig vir die wat in duisternis is,
20. ’n instrukteur vir die wat begrip kortkom, ’n leermeester van kinders omdat jy die bloudrukplan van die kennis en die waarheid in die geskrewe wet het;Eks 20:13 steel jy?