Rigters 21:11-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Dit is die ding wat julle moet doen: alles wat manlik is en al die vroue wat gemeenskap met ’n man gehad het, moet julle volkome vernietig.”

12. Hulle het tussen die inwoners van Yavesh-Gil’ad vier honderd jong meisies gevind wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie en dié het hulle na die kamp gebring by Shiloh wat in die land Kena’an is.

13. Toe stuur die hele vergadering en hulle praat met die seuns van Binyamin wat by die rots van Rimmon was en verklaar vrede met hulle.

Rigters 21