Psalms 94:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. O יהוהGod aan Wie wraak toekom; o, God aan Wie wraak toekom, wys Uself!

2. Lig Uself op, Regter van die aarde; beloon die trotsaard!

3. O יהוה, hoe lank sal die bose, hoe lank sal die bose grootpraat?

4. Hulle uiter en praat onregverdighede; hulle praat allerhande bose dinge,

5. want hulle het U volk verneder, o יהוה, U erfenis onderdruk.

6. Hulle maak die weduwee en die onskuldige dood en vermoor die vaderlose.

7. Tog sê hulle: “יהוה sien dit nie en die God van Ya’akov ag dit ook nie.”

8. Verstaan, o onverstandiges onder die volk en julle dwase, wanneer sal julle wys word?

9. Sou Hy wat die oor geplant het, nie hoor nie, of Hy wat die oog gevorm het, sal Hy nie sien nie?

10. Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie; Hy wat die mens kennis leer, sal Hy nie weet nie?1 Kor 3:20

11. יהוה ken die gedagtes van die mens; dit is soos ’n asem.

Psalms 94