Psalms 89:6-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. want wie in die hemel kan met יהוה vergelyk word? Wie van die engele kan met יהוה vergelyk word?

7. God staan op in die raad van die afgesonderdes, groot en respekteerbaar bo almal wat rondom Hom is.

8. O יהוה, God van die leërmagte, wie is magtig soos U? U getrouheid is rondom U!

9. U heers oor die prag en praal van die see; U maak sy golwe stil.

10. U het die trotses verneder soos een wat verslaan is, U het U vyande met U sterk arm verstrooi.

Psalms 89