Psalms 89:12-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Die noorde en die suide, U het hulle geskep; Tavor en Hermon sal in U Naam (Karakter en Outoriteit) sing van vreugde.

13. Dit is U arm en dit is U mag; U hand is sterk en U hand sal opgelig word.Heb 1:8

14. U troon word gebou op onpartydige opregtheid en regverdige oordeel; onverdiende guns en waarheid gaan voor U Teenwoordigheid uit.

15. Gelukkig is die volk wat U Gemanifesteerde Teenwoordigheid ken; o יהוה, hulle sal in die lig van U aangesig loop.

Psalms 89