Psalms 89:11-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Die hemele behoort aan U, ook die aarde is U s’n; wat die wêreld en sy volheid betref, U het dit begin.

12. Die noorde en die suide, U het hulle geskep; Tavor en Hermon sal in U Naam (Karakter en Outoriteit) sing van vreugde.

13. Dit is U arm en dit is U mag; U hand is sterk en U hand sal opgelig word.Heb 1:8

14. U troon word gebou op onpartydige opregtheid en regverdige oordeel; onverdiende guns en waarheid gaan voor U Teenwoordigheid uit.

15. Gelukkig is die volk wat U Gemanifesteerde Teenwoordigheid ken; o יהוה, hulle sal in die lig van U aangesig loop.

16. In U Naam (Karakter en Outoriteit) sal hulle die hele dag lank juig en deur U onpartydige opregtheid opgelig word,

17. want U is die Mooiheid van ons sterkte en deur U guns sal ons horing opgelig word,

18. want יהוה is ons Versekerde Verwagting en die Afgesonderde Een van Yisra’el is ons Koning.

Psalms 89