Psalms 88:15-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Ek is arm en neergebuig van my jeug af; ek was trots, maar nou is ek verneder en vergruis.

16. U intense woede gaan oor my; U verskrikkinge het my stil gemaak;

17. hulle het my elke dag omring soos water, hulleself opgestel rondom my.

18. U het vriende en naaste ver van my verwyder; die wat my ken, het U van my af weggehou.

Psalms 88