Psalms 81:7-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hy het na My geroep in sy moeilikheid en Ek het hom bevry; Ek het hom onder My geheime bedekking gesit; Ek het hom getoets by die waters van M’rivah.

8. Luister, o My volk en Ek sal praat; o Yisra’el, Ek sal aangaande jou getuig, as jy na My sal luister!

9. Daar mag geen vreemde god by jou wees nie en jy mag ook voor geen vreemde god neerbuig nie.

10. Ek is יהוה, jou God, wat jou uit die land van Mitzrayim uitgebring het; maak jou mond wyd oop en Ek sal dit vul,

Psalms 81