Psalms 78:27-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. Hy het ook vleis soos stof op hulle laat reën en geveerde voëls soos die sand aan die see

28. en Hy het hierdie binne-in hulle kamp laat val, rondom hulle tente.

29. Hulle het geëet en was ten volle versadig, want Hy het aan hulle hul eie begeerte gegee.

30. Tog het hulle nie hul begeerte opgegee nie, maar terwyl hulle kos nog in hulle mond was,

31. het die woede van God teen hulle opgekom en die rykstes onder hulle neergeslaan en die gekose van Yisra’el laat buig.

32. Nogtans het hulle steeds gesondig en nie in Sy wonderlike dade geglo nie;

33. daarom is hulle dae in sinnelose boosheid deurgebring en hulle jare in ongeduld.

34. Wanneer Hy hulle neergeslaan het, het hulle Hom gesoek en teruggedraai en nader aan Hom gekom

35. en hulle het onthou dat God hulle Helper was en die Allerhoogste God hulle Verlosser.Ya’a 1:26

36. Nogtans het hulle Hom liefgehad met hulle monde en vir Hom gelieg met hulle tonge,

Psalms 78