Psalms 76:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n gedig van Asaf met instrumentale musiek, met snaarinstrumente; ’n lied. 2 God is bekend in Y’hudah, Sy Naam (Karakter en Outoriteit) is groot in Yisra’el.

2. In Shalem is Sy Tent (Tabernakel) en in Tziyon Sy blyplek.

3. Daar het Hy die pyle van die boog verbreek, die skild en die swaard in die geveg.

4. U is glansryk en kragtig vanaf U magtige berge!

Psalms 76