Psalms 75:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: op die wysie van “Moenie verwoes nie,” ’n gedig van Asaf, met instrumentale musiek; ’n lied. 2 Ons dank U, o God, ons dank U en roep U Naam aan.

2. Ons sal al U wonderwerkende dade verkondig, dan sal die tyd kom wat U regverdig sal oordeel,

3. dan sal die aarde en al sy inwoners verneder word; U het sy mense aangestel.

4. U het vir die dwase gesê: “Moenie dwaas handel nie!” Vir die bose: “Moenie die horing oplig nie!”

5. Moenie julle horing hoog oplig nie; moenie met ’n stywe nek praat nie,

6. want verdediging kom nie van die weste of die ooste of van die woestynberge nie,

7. maar God is die Regter; Hy verneder die een en verhef die ander,

8. want in die hand van יהוה is daar ’n beker, vol van ’n mengsel van die afsaksel van wyn en Hy stuur dit van die een na die ander; sekerlik sal die bose van die aarde die afsaksel daarvan drink,

Psalms 75