Psalms 74:11-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Waarom trek U U hand terug, U krag vanuit die midde van U vergadering?

12. God is ons Koning, wat van ouds die verlossing van Ya’akov beveel het.

13. U het deur U krag die see verdeel; U breek die koppe van die drake in die waters.

14. U het die koppe van die leviatan in stukke gebreek en U het hom gegee as kos vir ’n sterk volk.

15. U het die fonteine oopgemaak in die valleie; U het magtige riviere opgedroog.

Psalms 74