1. ’n Onderriggewende gedig van Asaf. O God, waarom het U ons vir altyd weggestoot? Waarom het U woede ontvlam teen die skape van U trop?
2. Onthou U vergadering wat U van ouds besit het, die stam van U erfenis, wat U losgekoop het; hierdie berg Tziyon waarin U gebly het.
3. Verhoog U diensknegte bo dié wat weggevoer word deur mag; almal wat onderdruk, is vyande van U Afgesonderde Plek.
4. U teëstanders het hulleself verhoog te midde van U feeste, hulle het hul baniere as tekens opgestel.
5. U weet hierdie dinge, as die Verhoogde Een wat daarbo sit; hulle het die deure met byle afgekap soos wat hulle die bome van die woud sou afkap.
6. Hulle het alles met byle en hamers vernietig.
7. Hulle het U Afgesonderde Plek aan die brand gesteek en afgebrand. Hulle het die blyplek van U Naam op aarde onteer.
8. Hulle het in hul binneste gesê: “Laat ons hulle saam vernietig! Laat ons al die feesdae van God in die land afskaf.”