Psalms 73:13-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Wat my betref, ek het my verstand, wil en emosie gereinig en my hande in onskuld gewas.

14. Tog is ek die hele dag gepla en elke oggend getugtig.

15. As ek sou sê: “Ek sal soos hulle doen,” is dit vir my sonde!

16. Toe ek daaraan gedink het om dit te verstaan, was dit te pynlik vir my

17. totdat ek in die Afgesonderde Plek van God ingegaan het, toe het ek hulle einde verstaan.

Psalms 73