Psalms 72:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Van Shlomo. O God, gee aan die koning U oordele en U onpartydige opregtheid aan die seun van die koning

2. sodat hy U volk kan oordeel met onpartydige opregtheid en U armes met regverdige oordeel.

3. Die berge sal vrede bring en die heuwels U onpartydige opregtheid aan U volk.

4. Hy sal die armes van die volk oordeel, die kinders van die behoeftige verlos en die onderdrukker vergruis.

5. Hulle sal U deur al die geslagte heen respekvol vrees solank as die son en maan daar is.

6. Hy sal afkom soos reën op gesnyde gras, soos buie wat die aarde water gee.

Psalms 72