13. Laat hulle wat jaloers is op my lewe, beskaamd en in verleentheid wees; laat hulle wat my ongeluk soek in skande bedek wees,
14. maar ék sal voortdurend bid en U meer en meer lofprys.
15. My mond sal U onpartydige opregtheid en verlossing die hele dag lank verkondig, want ek ken nie die grootheid daarvan nie.
16. Ek sal gaan in die krag van יהוה; ek sal U onpartydige opregtheid alleen vermeld.
17. O God, U het my van kleins af geleer sodat ek U wonderwerkende dade kan verkondig.
18. Nou ook op hoë ouderdom en grys hare, o God, verlaat my nie totdat ek aan die volgende geslag U krag en U sterkte gewys het.
19. U onpartydige opregtheid, o God, het gereik tot in die hoogte; U het groot dinge gedoen, o God, wie is soos U?