Psalms 60:3-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. U het die aarde laat bewe, dit oopgekloof; genees sy breuke, want dit is verswak!

4. U het aan U volk harde dinge gewys; U het ons die afsaksels van die wyn laat drink.

5. U het ’n wonderwerk gegee aan hulle wat U respekvol vrees sodat hulle nie hoef te vlug vir die boog nie

6. sodat die een waarvoor U lief is voorbereid mag wees. Verlos deur U regterhand en antwoord my!

7. God het in Sy afgesonderdheid gepraat: ‘Ek sal sterk wees en Sh’khem verdeel en die vallei van Sukkot afmeet.

8. Gil’ad is Myne en M’nasheh is Myne; Efrayim is die sterkte van My kop; Y’hudah is My koning;

9. Mo’av is My waskom; oor Edom sal Ek belasting eis; Ek sal triomfeer oor P’leshet!’

10. Wie sal my inlei in Edom? Wie sal my inbring in die versterkte stad?

Psalms 60