Psalms 57:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier op die wysie van “U moenie vernietig nie:” ’n gedig van Dawid, toe hy vir Sha’ul gevlug het in die grot. 2 Bewys aan my onverdiende guns, o God, bewys aan my onverdiende guns, want my lewe vertrou op U, ja, in die skaduwee van U vlerke sal ek my skuiling maak totdat hierdie katastrofes verbygegaan het.

2. Ek sal uitroep tot God, die Allerhoogste (Elyon), tot God my Verlosser,

3. want Hy het vanuit die hemel gestuur en my verlos; Hy het my vyande beskaam. God sal Sy goedheid en Sy waarheid uitstuur.

4. Hy het my lewe bevry van die wreedaardige terwyl ek in vrees geslaap het; van die seuns van die mens, wie se tande spiese en pyle is en hulle tonge skerp swaarde.

Psalms 57