1. ’n Gedig van Asaf, met instrumentale musiek. Die Magtige God van die gode, יהוה, het gepraat en die aarde geroep, van die opkoms van die son af totdat hy ondergaan.
2. Vanuit Tziyon, die volmaaktheid van skoonheid, het God geskyn.
3. Ons God sal kom en sal nie stilbly nie. Vuur sal voor Hom uit verteer en die vuur sal hewig rondom Hom brand.
4. Hy sal roep na die hemel daarbo en na die aarde, om Sy volk te oordeel:Heb 9:28; Heb 10:29