4. U self is my Koning, o God, want U beveel die oorwinnings vir Ya’akov.
5. Deur U sal ons ons teëstanders deurboor; deur U Karakter en Outoriteit (Naam) sal ons hulle wat ons haat, vertrap,
6. want ons vertrou nie op ons boë nie en nie in ons pantser om ons te beskerm nie,
7. maar U het ons verlos van dié wat ons haat.
8. Ons loof, eer en aanbid U die hele dag lank, o God en ons loof en dank U Naam (Karakter en Outoriteit) met uitgestrekte hande vir ewig.
9. Nou het U ons egter verstoot en tot skande gemaak en U trek nie saam uit met ons leërs nie,
10. maar U laat ons terugdraai van die teëstander en ons vyande plunder ons.
11. U verkoop ons soos slagskape en U het ons onder die nasies verstrooi.
12. U verkoop U volk goedkoop en het geen wins uit hulle verkope nie.
13. U maak ons ’n bespotting vir ons bure, ’n spot en veragting vir die wat rondom ons is.
14. U maak ons ’n spreekwoord onder die nasies, ’n skud van die kop onder die volke.
15. My skande is die hele dag voor my en my vernedering oorweldig my
16. weens die stem van die een wat beskuldig en kwaadpraat, weens die vyand wat wraak neem.
17. Dit alles het oor ons gekom, tog het ons U nie vergeet en nie vals opgetree teen U verbond nie.
18. Ons het nie teruggedraai nie en ons voete nie van U pad weggedraai nie,
19. want U het ons ’n tweede keer in die land nederig gemaak en ons met die skaduwee van die dood bedek.
20. Tog het ons nie die Naam (Karakter en Outoriteit) van ons God vergeet, of ons hande na vreemde gode uitgesteek nie;
21. God sal dit raaksien, want Hy ken die geheime van die verstand, wil en emosie.Rom 8:36
22. Ja, om U ontwil word ons elke dag gedood; ons word gereken as slagskape.