Psalms 35:23-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Ontwaak en staan op vir my regverdige oordeel; sien my lyding, my God en my Meester, יהוה.

24. Oordeel oor my volgens U regverdigheid, יהוה, my God en laat hulle hul nie oor my verheug nie!

25. Laat hulle nie in hul verstand, wil en emosie sê: “Ons het van hom ontslae geraak en hom begrawe,” nie.

26. Laat hulle wat my boosheid toewens beskaamd staan en in verwarring gebring word; laat hulle wat hulself bo my oplig, met skande en oneer beklee word!

27. Laat hulle wat bly is oor my oorwinning sing van vreugde en bly wees; ja, laat hulle voortdurend sê: “Groot is יהוה wat bly is oor die vrede van Sy dienskneg!”

28. My tong sal U regverdigheid heeldag lank verkondig en U loof en prys.Rom 3:18

Psalms 35