Psalms 33:6-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Deur die Woord van יהוה is die hemele gemaak en deur die asem van Sy mond hulle hele leërmag.

7. Hy maak die waters van die seë bymekaar soos in ’n hoop watersakke; Hy bêre die waterdieptes weg in stoorkamers.

8. Laat die hele aarde יהוה vrees; laat al die bewoners van die wêreld met respekvolle vrees voor Hom staan,

9. want Hy het gepraat en dit is gedoen; Hy het beveel en dit het vas gestaan.

Psalms 33