Psalms 32:5-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Ek het my sonde teenoor U erken en my onregverdigheid het ek nie vir U weggesteek nie. Ek het gesê: “Ek sal al my wetsoortredinge aan יהוה bely” en U het al my sondes vergewe;

6. daarom, laat elke getroue nou tot U bid; sekerlik sal selfs die vloede van baie waters nie naby hom kom nie.

7. U is my Skuilplek; U beskerm my teen my vyande; U sal my omring met ’n lied van bevryding.

Psalms 32