Psalms 31:7-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Ek wil in die rondte swaai van vreugde en blydskap in U goedheid en guns omdat U my pyniging gesien, my lewe in sy teisteringe geken en my nie oorgelewer het

8. in die hand van my vyande nie. U het my voete in rustigheid gevestig.

9. Wys onverdiende guns aan my, o יהוה, want ek is benoud; my oog word swak deur woede, ja, my lewe en my liggaam,

10. want my lewe kwyn weg van verdriet en my jare van gesug; my krag faal as gevolg van my onregverdigheid en my gebeente teer weg.

Psalms 31