Psalms 26:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Van Dawid. Beoordeel my regverdig, o יהוה, want ek het in my integriteit geleef en ek het op יהוה vertrou; daarom sal ek nie huiwer nie.

2. Toets my, יהוה en beproef my, deursoek my motiewe en my verstand, wil en emosie,

3. want u liefdevolle omgee is voor my oë en ek het in U waarheid geloop.

4. Ek sit nie by mense wat mislei nie en assosieer nie met mense wat voorgee nie.

5. Ek haat die vergadering van wetsoortreders en sit nie by die kwaaddoeners nie.

6. Ek was my hande in onskuld en het rondom U altaar geloop, o יהוה,

7. sodat ek die Stem van U lof kan hoor en vertel van al U wonderwerkende dade.

Psalms 26