Psalms 22:9-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. “Hy het in יהוה vertrou, laat Hy hom bevry; laat Hy hom verlos, want Hy is tevrede met hom!”

10. Want U is my Vertroue sedert ek uit die baarmoeder gekom het en my Versekerde Verwagting sedert ek aan my moeder se bors was.

11. Ek is onder U sorg geplaas van die baarmoeder af; van die skoot van my moeder af is U my God.

12. Wees nie ver van my af nie, want moeilikheid is naby, want daar is niemand om te help nie.

Psalms 22