Psalms 18:41-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

41. Hulle het geroep om hulp, maar daar was niemand om te red nie; tot יהוה, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.

42. Toe het ek hulle fyn gemaal soos stof voor die wind; ek het oor hulle gestap soos die vuilgoed van die strate.

43. U sal my red uit die oordele van die volke; U sal my aan die hoof stel van nasies; ’n volk wat ek nie geken het nie, sal my dien,

Psalms 18