3. Lofwaardig is יהוה, waarop ek my beroep en so word ek van my vyande verlos.
4. Bande van die dood het my omring en strome van wetsoortreders het my deurmekaar gemaak.
5. Bande van Sh’ol was rondom my; strikke van die dood het my gekonfronteer.
6. In my benoudheid het ek יהוה aangeroep en tot my God geroep om hulp; Hy het my stem vanuit Sy tempel gehoor en my hulpgeroep het voor Hom gekom, in Sy ore.
7. Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en is geskud omdat Hy kwaad was.