Psalms 16:8-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Ek stel יהוה voortdurend voor my. Omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie geskud word nie;

9. daarom is my verstand, wil en emosie bly en my lof en eer juig; my vlees sal ook in veiligheid bly,Yog 20:10; Hand 13:35

10. want U sal nie my lewe aan Sh’ol oorgee nie en ook nie U Afgesonderde Een verderwing laat smaak nie.

11. U sal aan my die pad van die lewe bekend maak; in U Teenwoordigheid is daar volheid van vreugde, in U regterhand is daar plesiere vir ewig.

Psalms 16