Psalms 147:16-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Hy gee sneeu soos wol; Hy strooi die ryp soos as.

17. Hy gooi Sy ys uit soos stukkies, wie kan voor Sy koue staan?

18. Hy stuur Sy boodskap uit en laat hulle smelt; Hy laat Sy wind waai en die waters vloei.

19. Hy verklaar Sy boodskap aan Ya’akov, Sy instellings en oordele aan Yisra’el.Rom 3:2 Loof Yah helder en duidelik!!

20. Hy het nie so met al die nasies gedoen nie en Sy oordele nie aan hulle bekend gemaak nie.

Psalms 147