Psalms 140:3-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Hulle het hul tonge skerp gemaak soos ’n slang;

4. Hou my, יהוה, uit die hande van die bose; beskerm my teen manne van geweld wat beplan om my vooruitgang te stop.

5. Trotsaards het vir my ’n strik weggesteek; die toue van hulle net oor my paaie gespan; hulle het strikke vir my gestel.

6. Ek het vir יהוה gesê: “U is my God; hoor die stem van my smekinge, o יהוה.

7. יהוה, Meester, my kragtige Verlosser, U is die Skild oor my kop in die dag van die geveg!

8. יהוה, gee tog nie die begeertes van die bose nie; bevorder nie hulle listige planne nie, laat hulle nie hul doel bereik nie.

9. Laat die boosheid van hulle lippe hulle oordek.

10. Laat brandende kole op hulle val; laat hulle in die vuur val sodat hulle nie weer opstaan nie!

11. Laat sprekers van boosheid nie op die aarde bevestig word nie; boosheid sal die man van geweld jaag om hom te vernietig.

Psalms 140