5. As ek jou vergeet, o Yerushalayim, laat my regterhand my vergeet!
6. As ek jou nie onthou nie, laat my tong aan my verhemelte vaskleef, as ek Yerushalayim nie verkies bo my grootste blydskap nie.Yeg 35:1-15
7. יהוה, onthou die seuns van Edom op die dag van Yerushalayim, hulle wat gesê het: “Vernietig dit, vernietig dit, selfs tot op die fondasies daarvan!”
8. O dogter van Bavel, wat buit neem, geseënd sal hy wees wat jou sal vergeld soos wat jy ons behandel het!
9. Geseënd sal hy wees wat jou kinders gryp en vernietig teen die rots!