Psalms 137:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. By die riviere van Bavel, daar het ons gesit; ja, ons het gehuil toe ons Tziyon onthou.

2. Ons het ons harpe aan die wilgerbome in Bavel opgehang,

3. want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons ’n lied gevra en ons veroweraars het vir ons gesê: “Sing vir ons een van die liedere van Tziyon.”

4. Hoe kan ons die lied van יהוה in ’n vreemde land sing?

5. As ek jou vergeet, o Yerushalayim, laat my regterhand my vergeet!

6. As ek jou nie onthou nie, laat my tong aan my verhemelte vaskleef, as ek Yerushalayim nie verkies bo my grootste blydskap nie.Yeg 35:1-15

Psalms 137