Psalms 136:7-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hom wat die groot ligte gemaak het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

8. die son om te heers oor die dag, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

9. die maan en sterre om te heers oor die nag, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

10. Hy wat die eersgeborenes van die Mitzrayiete getref het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

11. Yisra’el tussen hulle uit gebring het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

Psalms 136