4. Hom wat alleen groot wonders doen, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
5. Hom wat die hemele met wysheid gemaak het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
6. Hom wat die aarde bo die waters uitgestrek het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
7. Hom wat die groot ligte gemaak het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
8. die son om te heers oor die dag, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
9. die maan en sterre om te heers oor die nag, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
10. Hy wat die eersgeborenes van die Mitzrayiete getref het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
11. Yisra’el tussen hulle uit gebring het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
12. met ’n sterk hand en met ’n uitgestrekte arm, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;
13. Hy wat die Sufsee in dele verdeel het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig