Psalms 136:3-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Loof die Meester van meesters met uitgestrekte hande, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

4. Hom wat alleen groot wonders doen, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

5. Hom wat die hemele met wysheid gemaak het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

6. Hom wat die aarde bo die waters uitgestrek het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

7. Hom wat die groot ligte gemaak het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

8. die son om te heers oor die dag, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

9. die maan en sterre om te heers oor die nag, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

10. Hy wat die eersgeborenes van die Mitzrayiete getref het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

Psalms 136