Psalms 136:15-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. maar Farao en sy leër in die Sufsee oorwin het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig.

16. Aan Hom wat Sy volk deur die wildernis gelei het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

17. aan Hom wat groot konings verslaan het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig

18. en magtige konings verslaan het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig:

19. Sigon, die koning van die Emoriete, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig,

20. `Og, die koning van Bashan, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig

21. en hulle land as ’n erfenis gegee het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

Psalms 136