Psalms 135:7-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hy laat die wolke opgaan vanaf die eindes van die aarde, Hy maak weerligstrale vir die reën, Hy bring die wind uit Sy skatkamers.

8. Hy tref die eersgeborenes van Mitzrayim, beide mens en dier;

9. Hy wat Sy tekens en wonders binne-in jou gestuur het, o Mitzrayim, teen Farao en teen al sy diensknegte;

10. wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het:

11. Sigon, koning van die Emoriete en `Og, die koning van Bashan en al die koninkryke van Kena’an

12. en hulle land as ’n erfenis gegee het, ’n erfenis aan Yisra’el, Sy volk.

13. U Naam (Karakter en Outoriteit), o יהוה, duur voort vir ewig en U herinnering, יהוה, deur alle geslagte,

14. want יהוה sal Sy volk oordeel en Hom verbly in Sy diensknegte.

Psalms 135